Local newsNews

Oud en jonk stroom na Lydenburg Rusoord se kermis

Die inwoners en selfs personeel se talente was vir seker tydens die kermis nie onder ’n maatemmer begrawe nie.

Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes het op 30 September ‘n baie suksesvolle kermis aangebied. Met musiek wat tot die gesellige atmosfeer bygedra het, vriendelike gesigte asook om met ou en nuwe vriende te kuier was aan die orde van die dag.

Kermisgangers het rondgesnuffel by die witolifanttafel en daar was ook interessante juwele te koop. Daar was ‘n verskeidenheid eetgoed om van te kies en keur, soos pannekoek en pap en kaiings.

Lees ook: Prag en praal by Lydenburg matrieks se afskeid

Daar is ook ‘n opedag gehou waar voornemende inwoners en hul families kon sien watter heerlike aktiwiteite en moderne geriewe die Rusoord bied. Verskeie opgradering is die afgelope jaar aangebring. Die bestuur bedan k al die inwoners, hul families en die dorp wat die kermis ondersteun het.

Nico Cross.

 

Elmarie Schoeman, Fanus Potgieter, Jan Schoeman en Charlotte Keel.
Herman Jonker, Roelf du Toit, Jeanne Badenhorst en Annatjie du Toit.
Issie en Faan Schoeman.
Ben Liebenberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button