Waterpret saam met die ATKV by Mafunyane Waterpark
Dié gesellige familiekuieraand is deur beide oud en jonk geniet.
Die ATKV Laeveld-tak het op 29 September gereël dat die Mafunyane Waterpark by die Riverside Mall se waterglybane vir ’n spesiale familiekuieraand geopen word.
Die park met sy braaifasiliteite, glybane en swembaddens het gesorg vir ’n pretbelaaide aand wat deur oud en jonk geniet is.

Terwyl die jongeres hul gate uit in die water geniet het, het hul ouers ’n gesellige vuurtjie aangesteek en heerlik saam gekuier.
LEES OOK: Bergvlam se matrieks pronk op die rooi tapyt

Anita Hitge van die ATKV Laeveld-tak sê dat dié pret- en kuieraand deur die ATKV-lede van ander takke ook ondersteun is, en dat plaaslike dorpenaars belangstelling getoon het om ook aan te sluit.
LEES OOK: Mpumalanga-bergfiets haal uit en wys in Noordwes

“Dit was ’n groot sukses soos altyd. Nie eens beurtkrag kon ons keer nie. Die sowat 130 mense kan nie wag vir die volgende kuier nie. Die ATKV se volgende funksie sal volgende jaar in Maart of April plaasvind,” sê Hitge.



