IN FOTO’S: Pret en plesier by Du Toit-Smuts en Laevelder se gholfdag
In teenstelling met die gewone persepsies van teëspoed en vrees wat met Vrydag die 13de gepaard gaan, was die jaarlikse Du Toit-Smuts & Vennote Prokureurs en Laevelder Gholfdag verlede week op dié dag gevul met alles behalwe vrees en misnoeë.
LEES OOK: Du Toit-Smuts & Vennote Prokureurs en Laevelder samel saam R180 000 vir liefdadigheid in
@lowvelder Vrydag die 13de is ‘n dag wat in die Westerse kultuur sinoniem geword het met teëspoed en vrees. Dié dag was egter verlede week in ‘n heel ander rooi baadjie getooi. Die jaarlikse Du Toit-Smuts & Vennote Prokureurs en Laevelder Gholfdag, waarvan Absa die aandfunksie se borg was, het by die Mbombela Gholfklub plaasgevind. ‘n Vol baan van 156 kranige gholfspelers het byeengekom om dié dag saam ten bate van die Dasha Foundation, Huis Betlehem en Laeveldrus. #JoBlack #DuToitSmuts #Laevelder #DashaFoundation #Laeveldsrus #HuisBetlehem #Fridaythe13th #MbombelaGolfClub #liefdadigheid #ABSA
























































