Die Pumas slyp hul tande in George
Ter voorbereiding vir die opkomende rugbyseisoen en die nuwe Airlink Cup-toernooi, is die Pumas besig met ’n oefenkamp in George. Hulle speel op 20 Oktober twee opwarmingswedstryde.
Die Airlink Pumas is sedert 13 Oktober op hul toer na George. Hulle gaan dié tydjie in die Wes-Kaap gebruik om voor te berei vir die rugbyseisoen én die Airlink Cup wat op 4 November afskop.
Die manne in pienk is hard aan die oefen en voorberei, maar tussendeur al die fiksheidsessies het hul darem nog tyd om die mooi van die tuinroete te beleef. ‘n Potjie gholf was Dinsdag 17 Oktober ook op die program.
LEES OOK: Du Toit-Smuts & Vennote Prokureurs en Laevelder samel saam R180 000 vir liefdadigheid in
Die Pumas gaan Vrydagmiddag 20 Oktober om 18:00 hul tande teen die Pangela SWD Arende op Outeniquapark in George slyp. Maak seker jy hou die Pumas se Facebookblad dop om op hoogte te bly. Die nuwe toevoegings tot die Pumas-familie sal ook in dié wedstryd speelkans kry en Jimmy Stonehouse, die span se hoofbreier, sien uit om nuwe kombinasies te toets.
Daar gaan ook om 15:30 ’n wedstryd tussen ’n klub uitnodigingspan XV en die Airlink Oumas XV beslis word.
LEES OOK: IN FOTO’S: Pret en plesier by Du Toit-Smuts en Laevelder se gholfdag
Behalwe vir die begin van die 2024-rugbyseisoen wat naderkruip, is die Pumas-sakeontbyt ook om die draai.
Volgende Vrydag, 27 Oktober, kom kuier die oud-Springbokke, Frans Steyn en Breyton Paulse, in die Laeveld. Dié rugbykuier word om 08:00 by die Emnotweni Arena aangebied. Daar is slegs twee tafels, 10 sitplekke elk, nog beskikbaar.
Om jou plek te bespreek, stuur ‘n e-pos aan marketing@pumas.co.za.

