Local news

Mbombela-gaste word behoorlik by jaarlikse Karnivorekuier getrakteer

Die Gereformeerde Kerk Nelspruit het onlangs sy jaarlikse Karnivorekuier aangebied. Dit was ’n uithaleraffêre en definitief ’n aand wat die gaste lank sal bybly.

Die Gereformeerde Kerk Nelspruit het Saterdagaand, 14 Oktober, sy jaarlikse Karnivorekuier by Blue Moon aangebied.

Die gaste het by pragtig versierde tafels aangesit en tafels met heerlike kos was byderhand. Die Laevelders-orkes het deur die aand die gaste met hul opgeruimde melodieë vermaak.

Een van die funksie se organiseerders en lidmaat van die kerk, Calie Olivier, het gesê die geleentheid is gehou om fondse vir die kerk in te samel. Hy sê dit was een van die hooffunksies van die jaar en is baie goed ondersteun.

LEES OOK: ‘n Oggend van rugbysake met die Pumas in Mbombela

Behalwe om fondse vir die kerk in te samel, was dit ‘n groot samekoms van mense om heerlike kos en musiek te geniet en tyd in mekaar se geselskap deur te bring.

“Daar was ‘n komitee van 10 mense wat geweldig hard gewerk het om hierdie funksie te reël. Nou kan ons almal ontspan en die geleentheid saam geniet,” het Olivier gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button