Local newsSport

Hengelaars, dis tyd vir die Kwena Bonanza buite Lydenburg

Groot pryse is op die spel vir hierdie gewilde hengelkompetisie in die Badfonteinvallei.

Dis nie ongewoon dat meer as 100 hengelaars vir die jaarlikse Kwena Bananza opdaag nie.

Die organiseerders maan deelnemers om so spoedig moontlik in te skryf, want daar is beperkte plekke beskikbaar. Dié kompetisie vind op 11 en 12 November by die Kwenadam in die Badfonteinvallei, tussen Lydenburg en Machadodorp, plaas.

Lees ook: NG Lydenburg-Suid se basaar ‘n dorpsfees in die kleine

Die eerste prys vir die grootste karp is R10 000, tweede prys R5 000 en die derde prys R3 500. Daar is ook pryse vir die gootste baber, beste vrouehengelaar en gelukkige trekkings in al die kategorieë.

Die kostes beloop R450 per staanplek, wat twee hengelaars en twee visstokke per hengelaar insluit. Kaartjies is by die Little House of Lights langs Checkers The Heads te koop. Vir meer inligting, skakel Jaco Byneveld by 083 461 2934 of Ahmad Seepye by 060 509 9381.

Photo: Des Jacobs.
Kwenadam.> Foto: Verskaf/Des Jacobs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button