Local news

‘n Musikale meesterklas saam met Rocco de Villiers in Mbombela

Hierdie immergewilde musikus het met sy heel beste spel vorendag gekom om die gaste met sy hoogstaande klaviervaardighede te vermaak. Ook het die gehoor aan Rocco de Villiers se lippe gehang tydens sy storievertellery.

Die pianis en vermaaklikheidster, Rocco de Villiers, het die Laeveld weer op 26 November kom besoek om sy aanhangers met sy musiek en vaardighede te trakteer.

Die musikant het van sy bekende instrumentale snitte tydens die rustige Sondagmiddagatmosfeer by die Botanical Garden Restaurant gespeel.

Wat sou ‘n Rocco de Villiers-vertoning wees sonder die een of ander storie oor sy musiekreis en sy lewe as ‘n multitalentvolle individu?

LEES OOK: 7 000 karretjies vir Klasie

De Villiers het staaltjies oor die verlede en hede gedeel en die gehoor in bekoring met sy kleurvolle vertellings gehad.

Daar is gelag en natuurlik ook saam op die maat van die musiek geneurie.

Buiten ‘n meester op die klawers is De Villiers ook ‘n vervaardiger, komponis, musikale regisseur en skemerkelkiekenner, en het hy 11 instrumentale CD’s, twee boeke oor die kuns van skemerkelkies maak en ‘n DVD van een van sy lewendige optredes vrygestel.

Die skryf en vervaardiging van 21 instrumentale verhoogproduksies is ook op sy kerfstok.

LEES OOK: Gesellige afsluiting vir Lydenburg se bejaardes

Die gaste het met ‘n lied in hul hart van dié rustige middag se vermaak afskeid geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button