Local newsNews

Lydenburg Wyngilde sluit jaar af met rou olyfolie saam met heerlike tapenades

Die Lydenburg Wyngilde het sy 36ste bestaansjaar op ’n hoë noot met ’n anderse en uiters gesellige wyn- en olyfolieproe afgesluit. Toiné Schoeman van Varietals Wyne Lydenburg Wyngilde sluiy jaar af met olywe en tapenades kan die besoekers aan die gereelde wynskoue in Lydenburg en in Mbombela getuig. Met die November-proe by Café Crust het …

Die Lydenburg Wyngilde het sy 36ste bestaansjaar op ’n hoë noot met ’n anderse en uiters gesellige wyn- en olyfolieproe afgesluit.

Toiné Schoeman van Varietals Wyne Lydenburg Wyngilde sluiy jaar af met olywe en tapenades kan die besoekers aan die gereelde wynskoue in Lydenburg en in Mbombela getuig.

Met die November-proe by Café Crust het sy die lede aan Morgenster se olyfprodukte en -wyne met operaname bekendgestel.

FOTO’S EN VIDEO’S: Peuseltyd vir ratse nagapie in Marlothpark

“Moenie jou keelkraphoes probeer wegsteek nie, dis hoe ’n mens weet dis regte gesonde olyfolie,” was Schoeman se raad ná die eerste sluk van die rou olyfolie.

Die eerlikes onder die gaste was dankbaar vir die voorgereg wat met die afsluk en die hoes gehelp het. Dit was Crust-brode en die allerlekkerste
Morgenster se groen en swart olywe met tapenad

Agter: Toiné Schoeman. Voor: Tielman en Elmarie Nieuwoudt. Foto: Gerda Whitehorn

Die eerste proewyn, Vespri Vermagtentino, het gemiddeld tussen 15 en 17 uit 20 gehaal en is ook as bestewaarde vir geld van die aand gekies.
Ook uit Morgenster se Gulio-reeks was die Sauvignon Blanc gewild onder die meeste proeërs. Daarna het die Caruso Sangiovese Rosé gevolg.

Die twee rooiwyne was Rigoletto Sangiovese en Lourens River Valley 2016 se Bordeaux-versnit wat loshande as wyn van die aand gekroon is.
Die bypassende Italiaanse spyskaart was kortrib-ragout met pappardellepasta, basiliepesto met Grana Padano en ’n tiramisu as nagereg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button