Jo Black begeester die gehoor by Invloed Kerk met musiek en getuienis
Jo Black het onlangs sy lewensverhaal en musiek met die Laevelders by Invloed Kerk in Mbombela gedeel.
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar en liedjieskrywer, Jo Black, het die afgelope naweek twee suksevolle optredes by die Invloed Kerk gehad.
Op 3 Februarie het hy die gehoor by Curro Mbombela met bekende treffers bekoor. Nadja Cilliers van Invloed Kerk sê dat die vertoning ‘n geleentheid gebied het vir mense om in die kerk te kom.

Gedurende die kerk se erediens op Sondag 4 Februarie het Black sy getuienis gedeel en met ‘n geestelike liedjie afgesluit.
Na afloop van die erediens is sy boek, Die storie agter die storie, verkoop.

Cilliers sê dat meer mense die erediens as die vertoning bygewoon het, en vir die Invloed Kerk is dit ‘n wen.
Lees ook: Nelspruit Voortrekker hanteer noodgeval flink

