Local news

Willem Cloete inspireer die Nelspruit Lenteblommeklub

Die lede van die Nelspruit Lenteblommeklub het onlangs nuwe vaardighede aangeleer en sien nou daarna uit om dit in hulle Maart-rangskikkings toe te pas.

Die Nelspruit Lenteblommeklub se tema vir Maartmaand is ‘Easter Magic’.

Willem Cloete demostreer aan die Lenteblommeklub ’n nuwe tegniek wat hulle in hul toekomstige rangskikkings sal kan toepas. > Foto: Verskaf/Ansie Cilliers

Volgens Ansie Cilliers, die klubvoorsitter, is dié tema gekies om saam met die vieringe van Paasfees te val.

Gedurende Februarie het Willem Cloete van Quilts Crafy Treasure, ’n kenner van blommerangskikkings, twee demonstrasierangskikkings gedoen wat die tema uitbeeld. Hy het die lede gewys hoe plantmateriaal uit die tuin gebruik kan word om ’n rangskikking te skep, en dat daar daarna gekoopte elemente bygevoeg kan word. Cloete het ook ’n nuwe tegniek gedemonstreer, waarmee ’n fokuspunt in die rangskikking geskep kan word deur ’n gedeelte van jou rangskikking af te baken of te omhein.

Lees ook: SPONSORED: Dr Goodall inspires environmental stewardship

Cilliers meen dat die maandelikse vergarderings altyd suksesvol is en dat hierdie demonstrasie en byeenkoms gedurende Februarie geen uitsondering was nie. Sy sê dat al die lede wat groot blommeliefhebbers is, die demonstrasie deur Cloete geniet het.

Demonstrasie deur Willem Cloete. > Foto: Verskaf/Ansie Cilliers

Die lede sal op 12 Maart die geleentheid kry om hulle eie interpretasie van die Maart-tema in hulle rangskikkings uit te beeld. Na afloop daarvan sal Cloete die rangskikkings beoordeel en wenke aan elke lid gee oor hoe hulle hul rangskikking in die toekoms selfs beter kan maak.

“Ester Magic” rangskikking deur Willem Cloete. > Foto: Verskaf/Ansie Cilliers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button