LifestyleLocal news

IN FOTO’S: NG Kerk Alkmaar hou heerlike markdag vir die hele familie

Die vrolike weer het die Laevelders die kans gegun om deur die mark se stalletjies te beweeg, hulle te ondersteun, en die Saterdag met hulle gesinne deur te bring.

‘n Familie- en markdag is Saterdag 20 April by die Kwanyoni Lodge deur die NG Kerk Alkmaar aangebied.

Die dag is met ‘n pretloop afgeskop. Daar was verskeie tuisgemaakte en plaaslik vervaardigde produkte by die stalletjies te koop.

Die jongklomp kon in die speelarea baljaar, terwyl die ouers aan ‘n groot verskeidenheid tuisgebak en kosopsies kon smul.

Angelique Kleynhans, Lizelle Roos, en Beth, Charl en Ané de Kock.

LEES OOK: IN FOTO’S: Laerskool Malelane se graadeens hou markdag

Volgens een van die organiseerders, Frank Erasmus, het die kerk ook ‘n verskeidenheid stalletjies beman om fondse daarvoor in te samel.

“Die markdag vind jaarliks as ‘n fondsinsameling vir die kerk plaas. Die dag bied ook vir klein besigheidseienaars die geleentheid om hulle produkte aan die gemeenskap bloot te stel,” sê hy.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button