Local news

Laeveld se eie Plaasjapie staan nog sterk in werklikheidsreeks

Monique Hobkirk het ná die onlangste episode van TV-werkliksheidreeks, Plaasjapie, haarself in die top nege bevind, en sy verskyn vanaand, 13 Junie, in die negende episode van die tweede seisoen op kykNET.

Die plaaslike somatoloog, Monique Hobkirk (43), se beurt op die tweede seisoen van die TV-werkliksheidreeks, Plaasjapie, duur nog voort, en sy is nou in die top nege.

Die jongste episode van Plaasjapie, wat Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai word, was die agtste episode van die tweede seisoen. Hobkirk was een van 16 deelnemers wat op 18 April hul tog op ‘n plaas net buite Malmesbury in die Swartland-omgewing van die Wes-Kaap aangepak het.

LEES OOK: Laeveld-vrou binnekort op TV-werklikheidsreeks

Die uitgangspunt van Plaasjapie is redelik eenvoudig. ‘n Groep van 16 stadsjapies, wat geen benul van plaaslewe het nie, word saam op ‘n plaas gelaat om vir drie weke vir die algehele prysgeld van R1 miljoen mee te ding. Dáár moet hulle aan verskeie uitdagings deelneem.

Dit is ‘n ware toets van die deelnemers se uithouvermoë en net hóé goed hulle die plaas kan hanteer. Tot dusver is Hobkirk, wat haar lewe lank ‘n stadsmeisie is, nog sterk aan die gaan in die program.

Monique Hobkirk en die program se aanbieder, Ewan Strydom. > Foto: Verskaf/kykNET

“Ons kom nou nader aan die piek van die seisoen, en dinge begin nogal taai raak,” het Hobkirk ná die jongste episode aan Laevelder vertel. Al is die seisoen nou al in sy tweede helfte, bly slegs nege van die deelnemers nog staan.

Hoewel sy nie veel oor die jongste episode wou onthul nie, kon Hobkirk ‘n klein voorsmaak gee van wat om te verwag. “Dit gaan ‘n uitdaging wees waarin ons iets gaan moet kook,” het sy gesê.

Episode nege word vanaand, Donderdag 13 Junie, om 20:00 op kykNET uitgesaai.

Monique Hobkirk en die Plaasjapie-regisseur, Nina Swart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button