Local news

Local is Lekker – ’n spesiale aanbod vir Laevelders vir Innibos 2024

Weektoegangkaartjies vir Innibos is hierdie Saterdag teen ’n afslagprys beskikbaar. Moenie hierdie geleentheid verby laat gaan nie.

Innibos het goeie nuus om te deel: Met behulp van Jonsson Workwear kan Innibos wel ’n ‘local is lekker’ spesiale aanbod vir weektoegangskaartjies teen ‘n afslagprys aan Laevelders bied.

Teen slegs R500 (met ander woorde ’n hele R160 minder) kan jy nou ’n toegangskaartjie vir die hele feestydperk koop. Dit sluit die Huisgenoot Afskop-konsert op Donderdag 27 Junie, die Jacaranda FM-konsert op Vrydag 28 Junie en die kykNET-konsert op Saterdagaand 29 Junie in.

LEES OOK: VIDEO: Elvis Blue met ope arms ontvang ná speke vir 1 500 km sing

Van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars gaan hier te sien wees. Dit sluit name in soos Juanita du Plessis, Appel, Riaan Benadé, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Bok van Blerk, Early B, Elvis Blue en Ricus Nel.

Saterdagaand is daar ’n vol orkes, dansers, spesiale effekte en die Mzanzi Jeugkoor wat verdere luistergenot sal bied.

Buiten die uitmuntende hoofverhoogkonserte, bied die feesterrein ook ’n lekker komedieprogram by die Lavelder Boma-kuierteater, kinderteater en aktiwiteite vir kinders by die SPAR Woelwaters-venue aan.

Daar is ook drie kuierverhoë waar daar elke dag ’n vol vermaakprogram aangebied word, met kunstenaars soos die Coffee Snobs, Damian Beer, Janie Bay en vele ander.

Saterdagaand is daar op die kykNET Kuierverhoog ook vir die jonges van gees ’n alternatiewe konsert met kunstenaars soos Zaan Sonnekus, Mathew Gold, Coenie Naudé en Die Heuwels Fantasties.

LEES OOK: Innibos 2024 beloof om ’n wenresep te wees

Daar is in geheel meer as 200 kunstenaars wat op die feesterrein optree, en al hierdie vertonings is by jou hektoegang ingesluit.

Maak dus gebruik van die Local is Lekker-aanbod en maak seker dat jy nie die grootste, lekkerste, beste fees in die Laeveld misloop nie! Daar is slegs ’n beperkte aantal van hierdie spesiale aanbod-kaartjies beskikbaar. Kom dus vroeg!

Die Local is Lekker-kaartjies word op Saterdag 22 Junie vanaf 09:00 by Jonsson Workwear se winkel in Eastern Boulevard, Riverside Park, verkoop (naby Makro).

LEES OOK: Speel lag-lag klaar met sorge tydens vanjaar se Innibos

Slegs kaarttransaksies word aanvaar (geen kontant).

Maak seker jy is daar!

Klik hier vir die program

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button