Local news

Bibberweer of te not: Innibos se wenresep word vuurwarm opgedis

Die gees is reg en Innibos is gereed om af te skop, met koue en reënerige omstandighede wat voorspel word.

Maak seker die feesjasse is gepak en die sambrele is naby, want luidens die Suid Afrikaanse Weerdiens se voorspellings, blyk dit asof daar koue wintersweeromstandighede tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees verwag kan word.

Maar die weervoorspelling gaan beslis nie ’n demper op vanjaar se Innibos plaas nie. Die gees is reg, en die fees is gereed om af te skop.

LEES OOK: Innibos 2024 beloof om ’n wenresep te wees

Hou egter ’n warm baadjie, ’n poncho of ’n tjalie en moontlik ’n sambreel byderhand, want ’n 30% kans op reën word vanaf môre, Donderdag 27 Junie, voorspel.
Jou feesweervoorspelling is soos volg:

Foto’s: Verskaf/SAWD

Donderdag, 27 Junie:
Die humiditeit sal deur die dag tussen 50% en 90% wissel met ’n minimumtemperatuur van 12° en ’n maksimum van 22°C. Daar is ’n 30% kans vir reën wat voorspel word, met ’n moontlike 3 mm reën wat verwag word.


Vrydag, 28 Junie:
Die humiditeit sal tussen 54% en 85% wissel met ’n minimumoggendtemperatuur van 11° en ’n maksimum van 21°C. Daar is weer ’n 30% kans vir reën wat voorspel word met ’n moontlike 3 mm reën wat kan val.

Saterdag, 29 Junie:
Die son gaan sy kop uitsteek en ’n heerlike wolklose dag word voorspel. 10°C kan in die oggend verwag word en ’n maksimum van 24°C later in die dag.

LEES OOK: VIDEO: Kunstelike voor-, hoof- en nagereg: Die feestafel is gedek vir Innibos 2024!

Met stalletjies wat sekerlik sal sorg vir warm drankies of ’n glasie rooiwyn in die Wingerd Kuiertuin, behoort dit jou feesgees met ’n graad of twee op te warm. Maak seker jy is gepantser teen die koue aande, al is die fees reeds warm genoeg om jou in die regte luim te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button