RAAF neem Botanical Garden Restaurant op horings
Hierdie was beslis een van die vertonings in Mbombela wat nog vir lank onthou sal word.
Op Saterdag, 9 November, het die Kaapse rockgroep RAAF die Laeveld met ‘n onvergeetlike vertoning by die Botanical Garden Restaurant betower.
Van die oomblik toe hulle die verhoog betree het, het die energie gepols, en dit was duidelik dat die aand iets spesiaals sou wees.

RAAF het nie net die gehoor vermaak nie, maar ook ‘n unieke band met die mense gevorm. Hulle het opreg met die gaste gekuier, gesels en interaktief verkeer, wat vir ‘n intieme en spontane atmosfeer gesorg het.
Hulle musiek het die mense diep geraak, en met elke lied het die energie net sterker geword.
LEES OOK: Klassieke vertoning met klaviere en harpe betower Laevelders
Dit was duidelik hoekom hulle ‘n gunsteling is; die band se passie vir hul kuns het duidelik deurgekom.

Jacques Lombard, die Botanical Garden Restaurant se eienaar, het met sy puik beplanning en oog vir detail verseker dat die aand glad verloop het. Sy passie vir musiek en vir die mense van Mbombela het ‘n groot rol in die sukses van die geleentheid gespeel.

Die aand was ‘n ware fees, en dit het bewys Mbombela-inwoners weet net hoe om saam te kuier en musiek te vier.

Dit was beslis ‘n geleentheid wat nog lank in baie harte sal bly leef!
@lowvelder ADVERTISEMENT | RAAF (previously Bottomless Coffee Band) live at the Garden Restaurant, Mbombela! #raafadventure #raafreis #nelspruit #Mbombela #mpumalanga #mpumalangamyprovince #RAAF #livebandmusic #liveband #livebandperformance #nelspruitevents #botanicalgardenrestaurantmbombela
