Local news

Klassieke vertoning met klaviere en harpe betower Laevelders

'n Fondsinsameling vir Huis Betlehem het onlangs gesorg vir klassieke klanke uit die boonste rakke.

Die Laeveld is geseënd met uitnemende jong talent.

Vyf harpe, twee vleuelklaviere en drie pianiste se hande op die klawers het Saterdagaand, 19 Oktober tydens ‘n fondsinsameling wat die pianis en harpspeler Karla Brits vir Huis Betlehem gereël het, vir uitstekend klassieke musiek gesorg.

Karla en die res van die jong talent is almal studente van die bekende Theresa Prinsloo, by wie Karla vanjaar haar musiekstudies voltooi het. Sy is nie net fenomenaal op klavier nie, maar beskik ook oor uitstekende vaardigheid met die harp. Sy het saam met Prinsloo op klavier moeilike klassieke werke soos Ludwig von Beethoven se Klavierkonsert No 5: Adagio un poco mosso opgetower.

Theresa Prinsloo.

In skrille kontras met die groot klassieke werke van Chopin en Beethoven het Karla se klavierstuk, “Wednesday Plays the Cello”, ‘n ander sy van haar talent gewys.

“Experience” van Ludovico Einaudi, waarvoor al die instrumente en deelnemende studente ingespan is, het die gehoor in verwondering gelaat.

Karla Brits.

Prinsloo se geniale musikale kennis is deur die aand soos ‘n goue draadjie in die stukke, wat sy elkeen self moes verwerk het, geweef.

“La Campanella” van Franz Liszt, wat sy saam met die gr. 7-leerder Pieter Prinsloo op klavier opgevoer het, was een van die gehoor se gunstelinge.

Al die musici speel saam.

Die intieme konsert was aan huis van Prinsloo en haar man, dr. Gerrit Haarhoff, waar die mure met kunswerke gevul is en waar ‘n atmosfeer geskep is wat die gaste na vervloë tye teruggevoer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button