Local news

Moordondersoek ná Lowhills-werknemer se mesdood

Tswale die olifant se eienaar is in hegtenis geneem nadat ’n werknemer se lyk op Lowhills aangetref is.

Sonell Joubert, eienaar van die bekende Onderberg-olifant, Tswale, is toegesluit vir moord.

Joubert (45) is Maandag, 3 Februarie, omstreeks 13:00 in hegtenis geneem.

LEES OOK: Dispute erupts over privately owned elephant near Hectorspruit

Dít volg nadat die polisie Jurgens Nel, ’n werknemer van die plaas Lowhills, se lyk in sy kamer gekry het. Volgens die polisie is hy verskeie keer met ’n mes gesteek en het die paramedici hom dood op die toneel verklaar.

Nel is onlangs glo deur Joubert en die voormalige eienaar van die plaas, Johan Möller, in diens geneem.

LEES OOK: 100km race in 25 hours for Tswale the elephant

Sy moord volg twee dae nadat Joubert onlangs ’n beskermingsbevel teen hom bekom het. Die polisie het bevestig dat Joubert Saterdag, 1 Februarie, om 19:00 ’n klag teen Nel gelê het omdat dié glo die beskermingsbevel verontagsaam het. Joubert het beweer dat Nel haar beledig en aangerand het, waarna hy ’n mes uitgeruk en haar gesteek het.

Hy het haar ook na bewering probeer verwurg. Sy het geskreeu en is deur ’n werknemer wat slegs as ‘Colani’ geïdentifiseer is, te hulp gesnel. Hulle het volgens die polisieverslag vir Nel ook begin steek.

LEES OOK: Tswale must be moved, Mbombela High Court orders

Volgens die tweede polisieverslag, wat Maandag om 13:00 geregistreer is, het ’n polisieman aangedui dat hy deur sy kollega gevra is om hom op Lowhills te kom bystaan waar hy Möller gekry het. Dié het Nel se woning vir hulle oopgesluit, waar hulle Nel op die vloer aangetref het, met steekwonde. Hy is op die toneel dood verklaar.

Jurgens Nel. > Foto: Facebook

Joubert het in die hof verskyn en haar borgaansoek is tot Maandag, 10 Februarie, uitgestel.

LEES OOK: Rescue elephant remains on Lowhills despite interdict

Bewerings dat die geskorste Onderberg-prokureur, Zietta Janse van Rensburg, Joubert en Colani bygestaan het, is deur Janse van Rensburg ontken. Sy het aangedui dat Ernest Mahlahala asook adv. Hennie Janse van Rensburg Joubert eerder sou verteenwoordig.

LEES OOK: LPC finds Onderberg attorney guilty, court to be approached to strike Zietta off the roll

Zietta het Laevelder gewaarsku dat enige beriggewing voortydig is, en ook gedreig met ’n aansoek om uit te vind wie die storie aan Laevelder verskaf het.

Sy het wel aan Laevelder transkripsies van die polisieondervragings gestuur, waar sy met tye teenwoordig was. Hierin kan gesien word dat die polisie haar vra om wel ook die ondervraging te verlaat.

LEES OOK: Rescue elephant remains on Lowhills despite interdict

Zietta het foonrekords aan Laevelder verskaf wat sy beweer toon dat Joubert en Möller sedert 31 Januarie 13 oproepe na die polisiestasie gemaak het.

Hierdie is ’n ontwikkelende storie en verdere beriggewing sal volg.

*Hierdie artikel is aangepas om die korrekte datum wat Joubert die klag verontagsaming van ‘n beskermingsbevel gelê het, te weerspieël. Daar is aanvanklik geskryf dat dit op 2 Februarie was terwyl dit eintlik op 1 Februarie gebeur het. 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button