VIDEO: Opvoering in Sudwala-grotte ’n unieke klassieke ervaring
Talle musiekliefhebbers het hulself onlangs in ’n puik vertoning in die Sudwala-grotte verlustig.
Vrydagaand 31 Januarie was ‘n spesiale aand vir musiekliefhebbers toe Ruhan du Toit, die Nocoré Ensemble en Meisie in die pragtige Sudwala-grotte opgetree het.
Die konsert het mense van oral gelok en was vinnig uitverkoop.
Die aand het begin met heerlike kaas en wyn van Muratie Wynplaas. Gaste kon ook met dr. Rijk Melck, die eienaar van die wynplaas, gesels en meer oor die geskiedenis daarvan leer.
LEES OOK: Choirs’ melodies resonate through Sudwala Caves

Teen 18:00 het almal begin sitplekke inneem en die opgewondenheid was groot. Die konsert het stiptelik om 18:30 begin, en elke kunstenaar het die gehoor met hul ongelooflike musiek bekoor. Die klank in die grot het die ervaring nog meer spesiaal gemaak.
Vele mense het hul eie kussings en komberse gebring om gemaklik op die kliptrappe te kon sit en die aand te geniet. Dit was ‘n romantiese en unieke ervaring wat niemand gou sal vergeet nie.

LEES OOK: Elvis Blue keer terug na Sudwala-grotte
Met pragtige musiek, ‘n unieke venue en ‘n gehoor wat dit terdeë geniet het, was die aand ‘n groot sukses en ‘n perfekte begin vir 2025.

