Local news

Laeveld-ikoon Boeta vier 30ste verjaardag

Boeta Roux, ’n ware Laeveld-legend, het sy 30ste verjaardag in oorvloed geniet.

Daar is ‘n gesegde onder die Laevelders wat lui: As jy nie vir Boeta Roux ken nie, mag jy jouself nie ‘n Laevelder noem nie.

Dié geliefde hemelkind, wat vir sy sprankelende persoonlikheid by winkels soos Westend SUPERSPAR en deesdae McDonald’s die titel as legende verwerf het, het Maandag 3 Maart sy 30ste verjaardag gevier – ‘n dag wat sy wildste drome oortref het.

Frans Spruyt van McDonald’s en Boeta.

Individue, waaronder van die land se bekendste kunstenaars, en ondernemings soos McDonald’s (The Grove), Hennie’s, Laevelder, en vele ander, het die ekstra myl geloop om te verseker dat Boeta ‘n dag vol vreugde kon geniet.

LEES OOK: Downsindroom hou nie dié man terug nie

Boonop het hy spesiale videoboodskappe van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Kurt Darren, Jo Black, Piet Pompies, Danny Smoke en Snotkop ontvang.

Boeta Roux met sy eie Laevelder-voorblad.

Marius en Lana Nel het ekstra moeite gedoen om Boeta se verjaardagviering by Hennie’s besonder spesiaal te maak.

Een van sy versoeke was dat Laevelder sy verjaardag bywoon, wat hulle gedoen het, en tot sy verbasing het hy sy eie geraamde voorblad en Laevelder-gholfhemp ontvang.

@lowvelder

Boeta Roux, ‘n geliefde en welbekende Laevelder, het vandag sy 30ste verjaardag gevier. Die gemeenskap het gesorg dat dit ‘n dag is om te onthou! Van McDonald’s by The Grove Riverside Shopping Centre tot Hennie’s en vele meer – almal het uit hul pad gegaan om sy dag ekstra spesiaal te maak. Hier is tot nog baie jare van vreugde en vriendelikheid, Boeta. #LaeveldLiefde #Gelukkige30steBoeta #laevelders

♬ original sound – Lowveld Media

Die Spruyt-familie, wat ook by die geleentheid was, het ‘n belangrike rol in Boeta se reis gespeel, deur hom onder hul vlerk te neem en te verseker dat hy geleenthede kry om te groei en te floreer.

LEES OOK: Merkwaardige oud-Laerskool Barberton hoof word onthou

Boeta Roux en Marius Nel. > Foto: Verskaf/Marius Nel

Boeta was vir vyf jaar ‘n hardwerkende en toegewyde werknemer by Westend SUPERSPAR voordat hy by McDonald’s by The Grove aangesluit het. Hy het by beide ondernemings die titel as Legend verower – alles te danke aan sy positiewe houding en vriendelike hart.

Boeta Roux vier sy 30ste verjaardag.

‘n Video van sy verjaardag is op Laevelder se Facebook-blad gelaai en het reeds meer as 70 000 kykbeurte geniet, met honderde gelukwensings van kykers wat hom goed ken, of nog nooit van hom gehoor het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button