Local news
VIDEO: R36 vanaf Kwenadam na Lydenburg – uiters gevaarlik
Net stof en slaggate is hoe die R36 beskryf word.
Luidens Ronel-Mari Nel is dit hoe die R36 vanaf die Kwenadam na Lydenburg tans daar uitsien.
Nel het toestemming verleen om die video op ons sosiale media-platforms te deel. Volgens is haar is die pad ongelooflik gevaarlik.
KYK NA DIE VIDEO HIER:

“Die stof is verskriklik, nie eens te praat van die aantal slaggate nie. Ons verstaan daar is sprake van herstelwerk aan die pad. Maar ons kan nie maande lank op dié pad ry nie. Spuit ten minste net die pad nat sodat jy kan sien en patch tydelik die slaggate,” het Nel op haar Facebook gepos.
LEES OOK: Uitswenk vir slaggate waarskynlik die oorsaak van ongeluk op R540 naby Lydenburg
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
