Local news

Stem vir Witrivier in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie

Die gemeenskap word aangemoedig om aan te hou stem, want kiesers staan ook 'n kans om pryse te wen.

Alle Laevelders moet hierdie week hul selfone met genoeg lugtyd laai om vir ‘n laaste keer vir Witrivier in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie te stem – en om die R1 miljoen prysgeld los te slaan.

LEES OOK: Witrivier as Kwêla Dorp van die Jaar-finalis aangewys

Stemlyne is reeds oop en die gemeenskap word aangemoedig om aan te hou stem, want kiesers staan ook ‘n kans om pryse te wen.

Die Power of 8000-groep het reeds begin om kiesers vir hulle deelname te beloon en het ‘n prys aan een van hulle toegeken: twee ontbyt- en koffiegeskenkbewyse van Big Bear Spur Steak Ranch.

LEES OOK: Witrivier-karatekas skitter by SA kampioenskappe

Die wenner van die kompetisie sal op 3 Augustus op Kwêla bekend gemaak word. Die wendorp sal R1 miljoen van Lottoland vir ontwikkelingsprojekte ontvang. ‘n Promosievideo, vervaardig deur Homebrew Films, sal in advertensietyd op kykNET uitgesaai word. Daar sal ook ‘n feesviering en ‘n musiekkonsert in die wendorp plaasvind.

LEES OOK: Geliefde Witrivier-inwoner word by gedenkdiens vereer

Laevelders kan tot 18 Julie, om 12:00 stem. SMS slegs die naam “Witrivier” na 33157. SMS’e kos R1,50 en elke nommer kan slegs 30 keer stem. As jy die eerste keer stem, sal jy ‘n SMS terugkry wat sê:

“Die stemnommer is nie geldig vir hierdie ronde nie” – iets wat kiesers eenvoudig kan ignoreer en dan verder stem.

Gratis SMS’e en SMS-bondels tel nie. As jy deel van die feesviering wil wees, stem nou!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button