Local news

Wees renosterbulletjie stabiel en sterk ná hiënas se aanval in Krugerwildtuin

Beseerde renosterkalfie sterk goed aan ná bytbeserings in die Nasionale Krugerwildtuin.

‘n 18 maande oue renosterbulletjie is steeds in ‘n ernstige, maar stabiele toestand nadat hy deur ‘n trop hiënas in die Krugerwildtuin aangeval is.

Die kalf, wat ongeveer 900 kg weeg, is ná ‘n tweedaagse soektog in die Malelane-streek met ernstige bytbeserings opgespoor. Benewens diep wonde, is sy stert amper heeltemal afgeskeur.

Die kalfie is hangend onder die tuig gevlieg – sy pote veilig met bande vasgemaak.

Die soektog het Woensdag, 16 Julie, begin toe veldwagters op die karkas van ‘n witrenosterkoei afgekom het.

Volgens Rey Thakuli, die Krugerwildtuin-woordvoerder, is die koei deur leeus doodgebyt.

Omdat hulle vermoed het ‘n kalf het dalk oorleef, is ‘n helikopter en grondspanne ontplooi om hom op te spoor.

LEES OOK: Another addition to Care for Wild rhino family

Hoewel die soektog aanvanklik afgelas is, is dit die volgende oggend hervat. Die beseerde kalf is later naby die karkas gevind.

Dr. Peter Buss, ‘n veearts, is per helikopter vanaf Skukuza na die toneel geneem. Hulle het die kalf vir ‘n mediese ondersoek verdoof, en het daarna besluit om hom na Care for Wild se rehabilitasiesentrum te vervoer.

Aangesien die dier te groot was vir die helikopter se kajuit, is hy hangend onder die tuig gevlieg – sy pote veilig met bande vasgemaak. Ironies genoeg het Petronel Nieuwoudt, die hoof van Care for Wild, daardie selfde dag in Brittanje aan ‘n fondsinsamelingspoging deelgeneem, waar sy op die vlerk van ‘n vliegtuig gestaan het terwyl dit deur die lug gevlieg het.

Nieuwoudt het Maandag, 21 Julie, aan Laevelder uit Brittanje gesê die renoster se stert was só erg beseer, dat ‘n amputasie noodsaaklik was: “Die bytplek was baie diep, naby die basis van die stert – ‘n hoërisiko-area waar infeksie maklik kan ontwikkel.”

Petronel Nieuwoudt, hoof van Care for Wild, neem aan ‘n fondsinsamelingspoging in Britanje deel.

Sedert sy aankoms het die Care for Wild-veearts, dr. Chris Smith, reeds twee prosedures op die wond uitgevoer.

LEES OOK: Sixth orphan for Care for Wild sanctuary since November

“Hy het ook ‘n pynbestuurprogram opgestel om die kalf se herstel te ondersteun. Die dier word tans in ons hoësorgeenheid behandel,” sê Nieuwoudt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button