Vasgegespe in die lug bring duisende vir Care for Wild se renosters in
Die uitdaging is aangegryp en die vrugte gepluk - fondse vir renosters is suksesvol ingesamel.
“As julle kan vlieg, dan kan ek mos ook!”
Dít was die uitdaging wat Petronel Nieuwoudt, die bestuurshoof van die renoster-rehabilitasiesentrum Care for Wild (CfW), onlangs aangegryp het. In haar poging om fondse vir die organisasie se werk in te samel, het sy spesiaal na Brittanje gereis om aan die adrenalienbelaaide ‘vlerkloop’ (wing walking) deel te neem.
“Dit was ’n absoluut opwindende ondervinding om op ’n dubbelvlerk-vliegtuig vasgegespe te word en letterlik deur die lug te vlieg,” het sy gesê.
Die fondsinsameling is deur CfW UK gereël. Wat aanvanklik as ’n ligsinnige uitdaging begin het, het vinnig werklikheid geword toe Nieuwoudt besluit het om die lugtoertjie aan te pak.
LEES OOK: Wees renosterbulletjie stabiel en sterk ná hiënas se aanval in Krugerwildtuin
Twee weke gelede het sy die pad na Cirencester in Gloucestershire gevat, waar sy by RFC Rendcomb saam met die span van AeroSuperBatics die waagstuk aangepak het.
“Dit was die vreemdste gevoel om bo-op die vlerk te staan en teen die aanloopbaan af te jaag,” sê sy.
“Ten spyte van die kwaai wind het dit onwerklik gevoel toe die vliegtuig opstyg en na die regterkant kantel.”
Die ervaring het haar laat besef hoe dit vir jong renosters moet voel wanneer hulle per helikopter, vasgemaak aan ’n tuig, van die Krugerwildtuin na CfW vervoer word.
LEES OOK: Another addition to Care for Wild rhino family
Die enigste benoude oomblik was toe die vliegtuig, met James Nobles agter die stuur, begin land het. “Dit is nogal rof as jy sien hoe die aarde vinnig nader kom,” het sy laggend gesê.
Volgens haar is sowat R480 000 (£20 000) met die poging ingesamel – geld wat broodnodig is vir mediese voorraad en voeding vir die jong renosters.
Giving Tuesday 2023 is LIVE and we urgently need your support to ensure the ongoing success of our conservation efforts.
Care for Wild has been rescuing orphaned and injured rhinos for nearly a decade. Please help us continue to save this keystone species, conserve biodiversity… pic.twitter.com/sgIVn98fKI
— Care For Wild Rhino Sanctuary (@CareforWild) November 28, 2023
