Local news

Laeveld-boere moer en koer op die kassie

Sewe boere regoor Mpumalanga is gekies om aan die tweede seisoen van Moer 'n Boer deel te neem.

Willie Vos (26), ‘n macadamia- en wildsboer, is nie bang om sy hande vuil te maak nie en ook nie om ‘n kans op die liefde te waag nie.

Vos neem vanjaar aan die 17de seisoen van Boer soek ‘n Vrou op kykNET deel en hoop om sy pot se deksel te vind.
Hy is die vierde geslag wat op sy familie se plaas werk en sien sy boerdery as ‘n besigheid wat hy ook só bestuur. Hy het vertel dat sy ma gereeld met hom raas as hy nie dadelik sy hande ná ‘n lang werksdag nie was nie.

“Ek geniet dit om die natuur nog op my hande te voel en sal sommer ‘n broodjie so eet.”

Vos hou van vlieg, jag, motorfietse, houtwerk, onthaal, braai en lekker saam met familie en vriende kuier. Hy is op soek na ‘n meisie wat haarself kan versorg en dieselfde Christelike waardes as hy het.
Hy het Laevelder vertel dat die reeks hom baie oor homself geleer en dat daar ‘n paar interessante verwikkelinge mag opduik.

LEES OOK: IN FOTO’S: Boeredag buite Mbombela ‘n lekker saamkuiersukses

Boer soek ‘n Vrou word reeds op die kassie uitgesaai en die kykers kan Vos se soektog na liefde elke Donderdag om 20:00 op kanaal 144 volg.

Ander boere verruil ‘n kans op liefde vir ‘n paar houe in die bokskryt. Sewe boere regoor Mpumalanga is gekies om aan die tweede seisoen van Moer ‘n Boer deel te neem. Hulle sal saam met 20 ander boere in twee spanne baklei. Die deelnemers leer hoe om gemengde gevegskuns, beter bekend as MMA (mixed martial arts), baas te raak om uiteindelik op 20 September in die bokskryt by die Heartveld Arena in Pretoria hulle opponente ‘n ding of twee te wys.

LEES OOK: Vlaag van diefstal en ‘n rooftog laat Barberton-boer oorweeg om plaas te verkoop

Die afrigters, Neil Geyser en Dwain Meredith, gaan die manne oplei en hulle fiksheid monitor. Elke boer het ‘n gepaste bynaam wat by sy karakter pas, en deur die skreeusnaakse Rikus de Beer van Radio Raps, gekies is. Die program word reeds uitgesaai en kan elke Dinsdagaand om 20:00 op kykNET, kanaal 144, op gevolg word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button