Local news

Matriek-Nellies dans in kleur

Hoërskool Nelspruit se matriekafskeid was 'n glansryke geleentheid propvol onvergeetlike herinneringe.

Die Klas van 2025 het in kleur en styl by Hoërskool Nelspruit vir hul matriekafskeid op 16 Augustus opgedaag om ‘n aand van onvergeetlike herinneringe te maak.

‘n Can-Am Maverick R.

Die leerlinge het vanaf 15:00 by die skool in luukse sportsmotors en unieke outydse voertuie opgedaag en is deur mnr. Willie van der Merwe, die skoolhoof, op die kleurvolle tapyt verwelkom. Hulle is om 18:00 met busse na Kavinga Gastehuis vervoer waar die onthaal plaasgevind het.

LEES OOK: Barberton se matrieks van 1975 hou na 50 jaar reünie

Mnr. Willie van der Merwe skud Huldah Nel se hand.

Die groep is deur die gr. 11’s, Simoné Lourens en Gideon du Plessis, ontvang. Mnr. Otto Joubert het die verrigtinge met gebed geopen. Die gaste kon nou die voorgereg geniet. Mnr. Tiaan Snyman, het met die leerders gepraat, gevolg deur Van der Merwe. Daarna is hoofgereg met ‘n verskeidenheid pastas, slaaie en brode bedien.

JV Breytenbach en Leane Nel.

Die bedankings het ná ete gevolg, net voor die leerders se voete behoorlik vir die dansvloer begin jeuk het. Die kos is deur Kwanyoni Lodge voorsien en liplekker-nageregte is laaste bedien, van Peppermint Crisp-tert tot malvapoeding.

LEES OOK: Hoërskool Nelspruit se matrieks wéér Mpumalanga se beste

Carli van Rooyen en Hannes Opperman.

Die dux’e, Emma Snyman en Divan de Kock het die dansbaan geopen en die matrieks kon tot laat hulle beste danspassies uithaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button