Nataniël betower Mbombela met nuwe vertoning
Charl Du Plessis, 'n wêreldberoemde pianis, het Nataniël op die klaver begelei.
Nataniël het Dinsdag, 26 Augustus, met sy splinternuwe vertoning, Nataniël in Concert, saam met Charl du Plessis by die Nederduitsch Hervormde Kerk in Mbombela opgetree.

Met sy vlymskerp humorsin en stories het hy die gehoor laat skater. Hulle het veral gelag toe hy ‘n opmerking maak oor ‘n man wat daar met ‘n kortbroek sit.
LEES OOK: Bekende sanger byna slagoffer van misdaad op N4
Nataniël het oor ‘n volstruis wat in ‘n skulpwinkel werk gepraat en ook oor ‘Schalkie-sit’ wat heeldag sit en TV kyk. Sy vertolking was komies en die gehoor kon hulle met van die karakters vereenselwig.
Du Plessis, ‘n wêreldberoemde pianis, het hom op die klavier begelei.

LEES OOK: Toe die stof gaan lê, was net Innibos-lekkerness oor
Hy het ook die gehoor met ‘n verskeidenheid kostuums verras en verskillende musiekgenres gesing wat die gehoor se asem weggeslaan het. Sy stories en musiek het hulle na ‘n plek geneem waar tyd stilgestaan het en hulle van hul daaglikse kwale laat vergeet het.
* Nataniël het versoek dat geen foto’s tydens die vertoning van hom geneem word nie.
