Local news

GEBORG | Die geheim van dié tas word Dinsdag in die Boulevard Teater onthul

As jy ’n liefhebber van kabaret en teater is, is hierdie een opvoering wat jy nie durf misloop nie.

Op die vooraand van Erfenisdag, 23 September, bied die Boulevard Teater in Sonpark die produksie, Die Tas in Ponte, aan.

Dit is nie sommer net ‘n vertoning nie, dit is ‘n erfeniskabaret wat na die ou legendariese maniere van teater teruggryp.

Die Tas in Ponte.

Vir die ouer garde is dit ‘n uitstappie down memory lane en vir die jonger geslag is dit die kans om te sien hoe dinge in die ou dae gedoen is.

Bertus de Bruyn en Lasea Swift.

LEES OOK: Nuwe teater in Mbombela met applous begroet

Die stuk is ‘n verhaal, vol intriges, wat in die ikoniese Ponte-gebou in Hillbrow afspeel met ‘n tas waarin die waarheid skuil en uiteindelik aan die lig kom.


Op die verhoog sien ons vir Lasea Swift as Gigi, haar dogter, Bianca as Bibi, en Bertus de Bruyn, wat die teks geskryf en die regie  van die karakter, Tobias, behartig.

Op die verhoog sien ons vir Lasea Swift as Gigi, haar dogter, Bianca as Bibi, en Bertus de Bruyn.

Dit is ‘n intieme produksie vol kinkels in die kabel, pittige humor, maar ook waar drome op kleiner skaal uitgeleef word.

LEES OOK: Mbombela Boulevard teater maak gereed om die gordyn te lig

Bianca, wat die Laeveld vir Pretoria verruil het, kom spesiaal Mbombela toe vir die vertoning; Lasea leef haar passie vir teater uit, terwyl Bertus ‘n talent in die kunste openbaar waarvan min mense weet.

Wat is tog in dié tas in Ponte versteek?

As jy nog nie jou plek vir die kabaret, Die Tas in Ponte, bespreek het nie, gaan jy beslis ‘n ware teaterervaring misloop.

Wie weet… daar is dalk selfs ’n tas vir jou om huis toe te neem…

Bia en Bertus de Bruyn.

Hierdie is een vertoning wat ‘n teatrale belewenis beloof te wees.

Bespreek gerus jou kaartjies hier.

Lasea Swift.
Lasea Swift saam Koos Schoonraad en Bertus de Bruyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button