Local news

Nuwe teater in Mbombela met applous begroet

Die gordyn het gelig op 'n nuwe teater ervaring in Mbombela en die kultuurvlooie is reg vir meer.

Die amptelike opening van die nuwe Boulevard-teater in die Sonpark-sentrum is op die 26 Junie met groot waardering deur honger Laeveld-teatergangers begroet.

Koos Schoonraad en Kobus Jacobs skud hande voor die Boulevard-teater. > Foto’s: Gia Radnai

Gaste was met ‘n glasie glühwein of sjerrie verwelkom en was vermaak deur die welbekende musiekgroep Havanna.

Die eienaars Kobus Jacobs en Koos Schoonraad het die teater met die knip van ‘n rooilint geopen, en gaste het stadig in beweeg en met ietsie te drinke hulle sitplekke ingeneem.

“Die teater is ‘n waardevolle bydrae tot die bevordering van kultuur in die Laeveld. Ek sien uit na vele genotvolle geleenthede,” het Schoonraad gedeel in sy verwelkoming.

Hy en Jacobs het saam die teater tot stand gebring en is deur die Fadu-intieme teater in Portugal geïnspireer.

@lowvelder

Koos Schoonraad en Kobus Jacobs verwelkom die gaste by die nuwe Boulevard Teater in Sonpark. #sonpark #newtheatre #letthearttakemetakeyou🎭 #theatrevibes #showbusiness #showtime

♬ original sound – Lowveld Media

Andy Lubbe, een van die Innibos direkteurs, het gesorg vir die curtain-raiser en het ‘n paar bekende Afrikaanse liedjies gesing om die vertoning af te skop.

@lowvelder

The curtain-raiser for the first show at the new Boulevard Theatre features Andy Lubbe in a stunning solo performance. #curtainraiser #showtime

♬ original sound – Lowveld Media

Na groot afwagting het die ikone Jannie du Toit en Thean Kotze uiteindelik die verhoog betree en met Lucas Maree se liedjie “Jerigo” geopen.

Dit is die 14de jaar wat die duo Kiekies – Lucas se Liedjies saam opvoer en met hul komiese gesiguitdrukkings Maree se legkaartstorie vertel.

@lowvelder

Die verhoog by die nuwe Boulevard Teater in Sonpark is aan die brand met kunstenaars Jannie du Toit en Thean Kotze in ‘Kiekies’ hul huldeblykvertoning aan Lukas Maree. #boulevardtheatre #janniedutoit #theankotze #kiekies #showtime

♬ original sound – Lowveld Media

LEES OOK: Mbombela Boulevard teater maak gereed om die gordyn te lig

Kotze het in sy vertoning verduidelik dat Maree die lewe as ‘n legkaart beskryf het waar almal probeer om ‘n mooi prent te maak en dan weer eendag in ‘n boks opeindig.

@lowvelder

Die verhoog by die nuwe Boulevard Teater in Sonpark was in nostalgie gehul met die kunstenaars Jannie du Toit en Thean Kotze in ‘Kiekies’, hul huldeblykvertoning aan Lukas Maree. > Video: Irma Green #showtime #afrikaans #teater

♬ original sound – Lowveld Media

Maree was ‘n legendaries Afrikaanse skrywer en filosoof, en Kotze het ook sy kortverhaal Karoo voorgelees, wat die gehoor laat skater het. Bekende liedjies soos “Kiekies”, “Droomvrou”, “Miljoen” en “Victoriabaai” het die gehoor laat saam sing en handeklap.

Thean Kotze, Jannie du Toit en Andy Lubbe sing saam.

Vele bekende gesigte uit die Laeveld was teenwoordig by die opening, en opvallend ook die direkteurs van die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.

LEES OOK: Laevelder Boma-kuierteater kook behoorlik oor tydens Innibos

Die teater beplan om een of twee keer ’n maand ’n nasionale kunstenaar uit te nooi om daar op te tree. Inwoners kan begin uitsien na ’n volgende vertoning met beroemde Elsabé Zietsman wat op 26 Julie by die teater sal optree.

@lowvelder

Lowvelder is attending the grand opening of the Boulevard theatre in Sonpark. Excited theatre-goers are waiting for the show to start. #theatre #sonpark #mbombela #BoulevardTheatre #mbombelatiktok

♬ Vibes – ZHRMusic

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button