Local news

Langarm by ’n troue? Johan Swart soek metgesel in die Laeveld

Mbombela-inwoner Johan Swart soek ’n dansmaat om hom na ’n vriend se troue te vergesel.

As jy ‘n rok besit wat al te lank in jou kas hang en jy is lus om daarmee ‘n draai op die dansvloer te maak, is ‘n troue saam met ‘n enkellopende dalk net die regte geleentheid hiervoor.

Laevelder het die geleentheid gesien om dié jongman uit sy verknorsing te help.

LEES OOK: Mbombela boer waag ‘n kans op liefde in nuwe reeks

Johan Swart (31) is na ‘n pel se troue genooi, en is op soek na ‘n metgesel om saam met hom te gaan langarmdans en hom minder soos ‘n derde wiel te laat voel.

‘n Ander vriend, Juan Brand, het op ‘n Facebook-groep, Boer soek ‘n vrou/Vrou soek ‘n boer, ‘n plasing gemaak om hom te help.

Die bewoording daarvan is ‘n skreeusnaakse beskrywing van Swart, wat al die lesers laat lê het van die lag.

“Swart ry werk toe en is deel van die huiseienaarsvereniging se WhatsApp-groep. Hy kom uit ‘n goeie huis, al was hy nie baie daar nie. Hy verkoop bakstene wat netjies opmekaar gepak is vir ‘n lewe. Hy koop hout in grootmaat en betaal karwagte ‘n minimum loon. Hy besit drie pare vellies en het ook ‘n gimnasiumlidmaatskap. Ek wen hom in gholf en hy hou aan om teen my te speel. So, met ander woorde, hy is altyd bereid om die minste te wees. Hy sê ook altyd dankie vir die werkers by SPAR se kasregister nadat hy inkopies gedoen het,” het Brand afgesluit.

Sy ideale metgesel moet ten minste kan dans, sosiaal kan verkeer en in die Laeveld-omgewing woon. Dit moet ‘n Afrikaanse dame tussen die ouderdom van 23 en 33 wees. Die troue is eerskomende Saterdag, 6 Desember.

LEES OOK: Badplaas boer vind nuwe liefde ná Boer Soek ‘n Vrou

Swart is ‘n eiendomsagent en besigheidseienaar van Swartz Real Estate en kan meer as net huise verkoop. Hy kan ook ‘n goeie tyd, geselskap, en dans aan die gekose dame voorsien.

Indien jy sou belangstel om hom te kontak, stuur gerus ‘n WhatsApp na 084 035 7138.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button