Pa-en-seun-duo bekoor Mbombela by eerste Central Park Waterpark-konsert
Die eerste konsert by Central Park Waterpark in Mbombela was ’n groot sukses.
Die verhoog by Central Park Waterpark was op 25 April lewendig met die legendariese pa-en-seun-duo, Riaan en Franna Benadé, wat saam met ‘n volledige band opgetree het.
Dié energieke en nostalgiese vertoning het deur musiek en persoonlike stories met temas soos generasiebande, patriotiese sentiment en familie aangeraak. Dit was die eerste konsert van dié aard by die waterpark en volgens die bemarkingskoördineerder, Simon Maritz, ‘n groot sukses wat alle verwagtinge oortref het.
ALSO READ: Lowveld violinist wins top award in Moscow

“Die terugvoer van gaste was ongelooflik positief. Dit was ook ‘n waardevolle leerkurwe vir ons, en ons is opgewonde om op hierdie momentum voort te bou met toekomstige geleenthede,” sê hy.
Die span van Central Park Waterpark sien die venue as meer as net ‘n waterpark en beoog om dit verder te ontwikkel tot ‘n gesinsvriendelike ruimte met piekniekdae, vermaak en buitelugervarings.
Plaaslike sanger Stiaan Reynierse het as openingskunstenaar die toon vir die aand gestel met rou vokale en kitaarbegeleiding.

ALSO READ: Bordjies teen die muur in Kaapsehoop-gastehuis vertel ‘n duisend stories
