Local news

Prag en praal by Bergie-damesoggend met Reandi

Dames van die Laeveld het 'n onvergeetlike oggend beleef toe bekende aktrise Reandi Grey as gasspreker by Laerskool Bergland se jaarlikse damesoggend opgetree het.

Laerskool Bergland se damesoggend op 25 April, was ‘n geleentheid gevul met prag en praal waar die dames van die Laeveld ‘n dag van vrouwees rondom blomgevulde tafels kon vier.

Die geleentheid, wat by Die Stoor aangebied is, het bestaan uit ‘n praatjie deur gasspreker, aktrise en mode-ontwerper Reandi Grey, ‘n heerlike laatontbyt en tafelspeletjes.

ALSO READ: Mbombela businesswomen address confidence and conflict resolution

‘n Lootjieskompetisie het merkwaardige pryse gebied. Sandra Lancaster het ‘n makeover gewen en Linda Davidson Loots en Jeanne Terblanche elk ‘n naweek vir vier by Swadini Forever Resort.

Grey, wat meestal bekend is vir haar rol in die kykNET sepie, Diepe Waters, en aanbieder van die gewilde televisiereeks, Boer Soek ‘n Vrou, het haar lewensverhaal gedeel en hoe sy as vrou, ma en gelowige gevorm is.

Die Laerskool Bergland Damesoggend met Reandi Grey.
Die Laerskool Bergland Damesoggend met Reandi Grey.

Haar staaltjies en ervaringe het aanklank gevind by iedereen. Sy het onder andere onderwerpe aangeraak soos hoe drome verander en watter geleentheid die regte een vir jou is.

Dames het ook ‘n mini-boutique van Grey se klere reeks, Grey C, geniet.

Die jaarlikse geleentheid was georganiseer deur Miggie Lancaster, ‘n onderwyser by Laerskool Bergland.

ALSO READ: IN FOTO’S: Laerskool Bergland skitter as gasheerskool tydens die 2026 Citybug Interlaer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button