Local news

Nataniël gesels oor kuns van beweeg

Nataniël se GESELS sorg vir lag én stof tot nadenke

Nataniël se GESELS was op 6 Junie vir die eerste keer in Mbombela op die planke met ’n splinternuwe tema: Beweeg – die ware kuns van oorleef. Van persoonlike staaltjies tot kommentaar oor die samelewing, het hy oud en jonk laat skaterlag.

Die hooffokus van die middag was egter sy “Tien goue reëls vir oorlewing”. Tussendeur die humor, het hy wyshede gedeel oor hoe om die lewe te navigeer en die beste daarvan te maak. Van hoe om jou eie toonhoogte vir die lewe kry, tot hoe om meer ondersoekend te wees, het hy omtrent ’n minihandboek vol waardevolle kennis aan die gehoor voorgelees.

Wat egter vir hom die belangrikste beginsel is, is om aanhoudend te beweeg.

ALSO READ: Pa-en-seun-duo bekoor Mbombela by eerste Central Park Waterpark-konsert

Nataniël. > Foto: Verskaf/Nicolaas Swart
Nataniël. > Foto: Verskaf/Nicolaas Swart

“Dit is nie net goed vir jou fisieke gesondheid nie, maar ook geestelik. Om aan te hou beweeg – maak nie saak hoe nie -kan slegs voordele inhou,” sê hy.

’n Mens moet egter nie net beweeg nie, maar ook besluit hoe om te beweeg, verduidelik Nataniël.

“Gaan jy mét die stroom of téén die stroom beweeg? Ek het altyd geweet dat ek anders is, maar ek het geweet wie ek is, hoe ek dit gaan gebruik en hoe ek wil beweeg. Dit is die belangrikste.”

Die vertoning is deur Unigrad College aangebied, met verskeie studente wat Geleentheidsbestuur as deel van hul Gasvryheids- en Toerismekursus doen, asook oudstudente, wat die klank en beligting behartig het. Unigrad College in Mbombela bied verskeie studieopsies aan wat Geleentheidsbestuur en Klankingenieurswese insluit.

ALSO READ: Janie Bay bring nog musiek na die Laeveld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button