Local news

Dozi saal sy ‘Ou Ryperd’ op en sing goue oues by Hennie’s Nelspruit

Al tree hy deesdae minder op, het Dozi gewys dat sy tydlose treffers steeds aanklank vind.

Henk Opperman, beter bekend as Dozi, het Saterdagaand vir groot vermaak by Hennie’s Nelspruit gesorg.

Anelise en Jacques Myburgh.

Sy vierpotige vriend, Okkie, wat oral saam met hom reis, het ook kom kuier en ’n paar gratis bene geniet terwyl Dozi die gehoor vermaak het.

LEES OOK: Laevelders trek kuierskoene aan saam met Pieter Smith

Dozi, wat al meer as 20 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf is, het erken dat hy deesdae minder optree en verkies om kleiner vertonings te doen.

Agter: Petronel, Lilieke, Theo en Miraldi Potgieter. Voor: Thinus en Hesléé Potgieter.

Hy het van sy grootste treffers, soos “Ou Ryperd”, “Grassade in die Wind” en “Staan Net ‘n Bietjie Stil”, gesing. Laevelders het nostalgies geraak en die bekende lirieke woord vir woord saamgesing. Dozi het egter nie net met sy sang beïndruk nie, maar ook die gehoor bekoor met sy indrukwekkende elektriese
kitaarspel.

LEES OOK: Jan Blohm bring nuwe lig na die Laeveld

Mariaan Odendaal en Werner Botha.

Sy optrede het weer eens gewys waarom hy al dekades lank een van Afrikaans se gewildste kunstenaars is en hoe sy musiek sedert die 90’s by aanhangers aanklank vind. Dié ouryperd reis nog deur musiekliefhebbers se lewensbane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button