Local news

Mbombela-sportfiguur vas na beweerde seksuele aanranding van minderjarige

Die 32-jarige man word in die Nelspruit-landdroshof van seksuele aanranding van 'n minderjarige aangekla.

’n 32‑jarige atleet en bekende figuur in die mediese kringe het vanoggend, 14 September, in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van seksuele aanranding.

LEES OOK: Boschfontein court sentences man to 5 years for rape

Volgens polisiewoordevoerder kol. Mavela Masondo, het die beskuldigde vandag sy eerste hofverskyning gemaak.

Na verneem word is die saak na Vrydag 18 September uitgestel, wanneer die beskuldigde ’n formele borgtogaansoek sal bring. Hy bly intussen in aanhouding.

Hoewel die beskuldigde aan Laevelder bekend is, word sy naam op regsadvies weerhou.

Die saak sal Vrydag in die Nelspruit-landdroshof hervat word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button