Opinion

Rethea Myburg groet Lydenburgers

Kliniese sielkundige Rethea Myburg het al ‘n instelling geword. Sedert November 2004 het sy aanvanklik weekliks en later drie dae van die week van Sabie af oor die berg gery om kliënte in Lydenburg te kom sien. Weens gesondheidsredes sal sy vortaan – van Februarie af – net in Sabie werk waar haar blyplek en …

Kliniese sielkundige Rethea Myburg het al ‘n instelling geword. Sedert November 2004 het sy aanvanklik weekliks en later drie dae van die week van Sabie af oor die berg gery om kliënte in Lydenburg te kom sien.

Weens gesondheidsredes sal sy vortaan – van Februarie af – net in Sabie werk waar haar blyplek en kantoor is. Myburg, ‘n gesoute sielkundige, het vyf jaar lank in Londen gewerk waar sy veral in kliniese neurosielkunde gespesialiseer het. Sy is tans besig met addisionele werk in post-traumatiese stres. Sodra sy weer op die been is, sal sy teruggaan na haar bestaande praktyk in Sabie.

Sy sal die Lydenburgers mis en bedank almal vir hul ondersteuning. Onthou, Sabie is net oor die berg!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button