BlogsOpinion

Bang leerders of oorlaaide onderwysers?

Is daar 'n werkbare oplossing vir kinders wat sukkel om toegang tot hul onderwysers te kry?

Hoekom kom kinders tuis en weet nie hoe om hul huiswerk te doen nie?  Let jou kind nie op in die klas nie, of is jou kind ongemotiveerd, of verstaan hy/sy nie die werk nie?

“As julle nie verstaan nie, kom vra vir my.”  Dit is wat meeste onderwysers sê, maar word die daad by die woord gevoeg? Hoeveel  kere in jou kind(ers) se skoolloopbaan het jy al vir hulle gesê , “Maar hoekom het jy nie vir juffrou/meneer gevra nie?” En kry jy ‘n antwoord soos: “Ek het gevra, toe skree sy op my.  Nou is ek te bang om te vra.”

Of daar word gesê: “Kom sê vir meneer/juffrou as iemand jou boelie.” Die kind skraap al sy/haar moed bymekaar net om te hoor. “Ek is besig, gaan sit.”

Wat is die oplossing hiervoor?  Soms kom dit voor of onderwysers se beskikbaarheid en toeganklikheid beperk word tot slegs sekere leerders in die klas.  As die slim kind  of ‘n kind wat gou sal snap, kom vra, is dit maklik om gou te help. Is daar ewe veel geduld met alle leerders, of word dit afgemaak as ‘hy/sy sal in elkgeval nie verstaan nie, so wat help dit ek verduidelik?

Dis interressant hoe ‘n kind gemotiveerd is om sekere vakke se huiswerk te doen en ander s’n nie. Buiten belangstelling en persoonlikheisverskille, speel die houding van die onderwyser ‘n onmeetbare rol in leerders se ywer om te presteer in hul skoolvakke. Ons hoor al van ouds af,  “Ek hou nie van Engels nie”,  of  “Ek hou nie van Wiskunde nie” , wanneer die boodskap agter die boodskap eintlik lui : “Ek hou nie van die onderwyser se houding wat daardie vak aanbied nie” OF selfs, “Daardie onderwyser hou nie van my nie”. Hoe kan kinders in een graad mal wees oor ‘n sekere vak en dan net die volgende jaar niks van dieselfde vak hou nie?

As gevolg van oorvol klasse is onderwysers oorlaai en wonder mens of daar ook vir onderwysers ondersteuning en/of of berading by skole beskikbaar is?  Hulle voel dalk self uitgebrand  as gevolg van hierdie hoë werkslading en stoei dalk self met kwessies in hulle persoonlike lewe.  Hulle is mos ook net mens? Is dit regverdig dat ons altyd oor onderwysers kla as daar geen ondersteuning vir hulle beskikbaar is nie?

Onderwysers het  so ‘n ongelooflike belangrike taak – hulle vorm die mense wat oor ‘n paar jaar die lewe selfstandig moet aanpak en die land moet lei –  en dit is ook so dat hulle menslik is,   en sommige dae is moeiliker as ander ,   en daar sal altyd die leerders wees wat die taak in die klas bemoeilik. Dit is ook baie nodig om vir onderwysers positiewe terugvoer te gee. Dink mooi hoeveel keer jy al jou kind se skool genader het om probleme uit te sorteer en hoeveel keer jy dankbaarheid uitgespreek het.

Hoe kan ons na ‘n werkbare oplossing vir onderwysers EN leerders beweeg?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button