Fliekresensie – Of Gods and Men
Ek hou van fliek. Ek kyk snaakse flieks en ernstige flieks. Soms gril ek en soms huil ek. Maar dit is so min dat ek ’n fliek kyk wat my regtig aangryp. ’n Fliek wat aan my hart vat.

Ek hou van fliek. Ek kyk snaakse flieks en ernstige flieks. Soms gril ek en soms huil ek. Maar dit is so min dat ek ’n fliek kyk wat my regtig aangryp. ’n Fliek wat aan my hart vat. Of Gods and Men is een van hierdie seldsame kunswerke wat my daaraan herinner dat daar hoop te midde van swaarkry is – ten spyte van onvolmaakte mense en omstandighede wat tot op die uiterste stresvol en moeilik is.
Of Gods and Men is gebaseer op ’n ware verhaal van agt Franse Cisterciënsers Trappistemonnike wat naby die stad Algiers in die Atlasgebergte in Noord-Afrika woon. Hulle lewe in eenvoud en in vrede met Moslembure en wei hul dae aan diensbaarheid. Hulle bedryf ’n kliniek vir die inboorlinge en verkoop heuning op die markte.
In die negentigs voer Moslem-fundamentaliste ’n skrikbewind in die omgewing en talle buitelanders word wreed tereg gestel. Skielik verkeer die monnike in lewensgevaar – veral nadat gewapende fundamentaliste die klooster binnekom en geweldadig aandring op mediese hulp.
Die monnike verdeel in twee groepe. Een groep wil vlug en die ander groep wil bly. Die fliek gaan eintlik oor die innerlike stryd om te midde van hopeloosheid en gevaar moed te hou en doodsvrees te oorwin. Dit gaan oor selfaflegging.
Wat my die meeste aangegryp het, is die woorde van die kloosterhoof, vader Christian, aan die einde van die fliek: I have often thought of that time when Ali Fayattia and his men left. Once they were gone, all we had left to do was to live. And the first thing we did was two hours later. We celebrated the Christmas Vigil and Mass. It’s what we had to do. It’s what we did. And we sang the Mass. We welcomed that child who was born for us absolutely helpless and… And already so threatened. Afterwards, we found salvation in undertaking our daily tasks. The kitchen, the garden, the prayer, the bells. Day after day. We had to resist the violence. And day after day, I think each of us discovered that to which Jesus Christ beckons us. It’s to be born. Our identities as men go from one birth to another. And from birth to birth we’ll each end up bringing to the world the child of God that we are. The Incarnation, for us, is to allow the filial reality of Jesus to embody itself in our humanity. The mystery of Incarnation remains what we are going to live. In this way what we’ve already lived here takes root as well as what we’re going to live in the future.
Al die monnike het besluit om agter te bly en kort daarna is almal ontvoer en op wreedaardige wyse tereg gestel.
Waarom het die fliek so aan my hart gevat? Sekerlik omdat dit nie soetsappige snert is nie. Dit beeld mense op hul kwesbaarste uit. Die monnike in Of Gods and Men is op ’n baie ongemaklike plek – Franse Christene in ’n Moslem-land. En die Franse het nie ’n baie goeie reputasie in Algerië nie. Die land was vir jare lank ’n Franse kolonie en onafhanklikheid is eers na ’n wrede burgeroorlog bereik. Verder is daar ’n vlaag van xenofobie onder Moslem-ekstremiste. Enige uitlanders word links en regs vermoor.
Of Gods and Men beeld die mees godsdienstige, vrome Christene as mense uit. Want selfs Christene bly maar net mense. Mense wat sukkel met angs, ongeloof, wantroue, moedverloor en hopeloosheid. Maar die ding wat die fliek so aangrypend maak, is die feit dat ’n mens wel onder moeilike omstandighede die vermoë het om sterk te wees en die regte besluite te neem.
Beslis die moeite werd om te kyk.
• Frans met Engelse onderskrifte
• Rotten Tomatoes gradering: 93%
