
As mens n droee lente ervaar soos nou by ons, besef mens die belangrikheid van bome in die ekosistem.
Waar die grasse en kruide nog wag vir die eerste reens, kom bome tot die redding met hul dieper wortels. Waar die kleiner plante opportunisties leef en wag vir elke reen bui, het bome n meer stabiele leefwyse.en is minder kwesbaar vir droogtes.
Op die droeer sandgronde verkies die kiaat om eers te blom en dan nuwe blare temaak. Hy wys al vanaf die vroee lente sy mooi geel blommetjies, wat kos is vir die stuifmeel versmalelaars soos bye en energie is vir die nektar drinkers soos skoenlappers. Suikerbekkies en hul vriende waardeer ook hierdie kosbare bron.
Op die vogtiger gronde van die laaglande en langs strome kan mitseries, witstinkhoute en jakkalsbessies bekostig om vroeg nuwe blare te maak Dit maak dit moontlik dat baie blaar- vretende insekte soos skoenlapper en kewer larwes voor die reen kan uitbroei. Dit bied weer kos vir al die voels wat in die krone van bome wei.
As mens dink aan die waarde van n boom, dink jy dadelik aan koelte, vrugte, boumateriaal en vuurmaakhout vir die mens. En natuurlik habitat, skuiling en nesmaak plek vir diere van alle soorte. Dink maar aan ape, nagape, eekhorings, boomslange en al die voels. En dan is daar waarskynlik hordes kleiner gediertes wat ons miskyk wat hul hele lewe op een boom deurbring.
n Ander belangrike rol van n boom in die bosveld ekosisteem is dat dit voedingsnisse skep, veral vir voels. Hierdie is veral van toepassing op inseketende voels, juis omdat insekte oral voorkom en die basis vorm van n ekosisteem. Voelkykers weet dat elke voel n gunsteling plek het waar hy wei.
Ten minste vyf veskillende voedingsnisse kan om n boom gesien word: 1) Die rooibeklyster en boskrapper voed net op die grond. 2) Die kwe-kwe voeltjie, janfrederikke en waterfiskaal voed net in die onderste of struiklaag. 3) Baie soorte soos glasogies, kleinjantjies en sneeubal laksmaanne voed net in die boonste of kroonlaag. 4) Spesialiste soos spegte, kakelaars en kaalwangvalke voed net onder die bas van die stam en groter takke. 5) Vlieevangers en byevangers jag in die spasies tussen bome.
Vat die boom weg een daar bly nie veel oor nie! Hierdie ekosisteem is kompleks en neem tyd om te ontwikkel en verdien beskerming teen veldbrande en indringer plante.
