BlogsOpinion

‘Dís hoe jy ‘n rugbyspeler vang,’ het sy gedink

Hy was 'n rugbyspeler. Ek was 'n rasieleier (dis Afrikaans vir 'cheerleader'). Toe kraak hy 'n nekwerwel en ek dra my sonbril binneshuis. En is nou enkellopend en steeds swaksiende.

Om ‘n man te vang is maklik, daarvan kan ek julle dames verseker. Om hom te hou is ‘n ander storie.
My eerste – en enigste – verhouding met ‘n rugbyspeler getuig hiervan. Hy was twee meter lank en ons was altwee grasgroen eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria.

Ek is vroeg-vroeg ingelig dat ek eenvoudig ‘n man van Sonop Christelike tehuis aan my sy móét hê en het besluit dat dit so sal wees. ‘n Niksvermoedende plattelandse man is geïdentifiseer en ek het op my teiken toegeslaan toe die laaste joolvlot om die draai is. My buk-bekruip-en-bespring taktiek was suksesvol en ek was ‘n kêrel ryker.

Ons het ons debuut as ‘n paartjie by die eerstejaar-sportdag gemaak waar ek ‘n rasieleier (dis nou Afrikaans vir ‘n cheerleader) was en hy ‘n rugbyspeler. Vir Sonop se eerstespan nogal. Totdat iemand hom platgeduik het, hy ‘n nekwerwel gekraak het en dramaties per ambulans na die militêre hospitaal toe vervoer is.

In dieselfde tyd het ‘n vreemde swaksiendheid my oorval. Ek het wakker geword in my koshuiskamer en my oë oopgemaak. Die bekommernis oor my geliefde het my sowaar blind gelaat! Ek het voel-voel tot by ‘n vriendin se kamer gekruip en ons is ooginstituut toe, waar ek met ‘archeyes’ gediagnoseer is. Manne wat swys kry dit gereeld as gevolg van die blootstelling wat hul oë moet verduur. Myne is veroorsaak deur Karma en Murphy wat ching chong cha gespeel het. Die oplossing? Oogdruppels en drie dae se rondloop met ‘n donkerbril – binneshuis ook.

My geliefde het teen hierdie tyd steeds in die hospitaal gelê en ek het hom so gou as moontlik laat weet dat ek so lief is vir hom dat ek blind word wanneer hy sy nekwerwel kraak. Hy’t my vreemd beloer en ‘n eenrigtingkaartjie Engeland toe bespreek.

Ek is steeds swaksiende.

* Hierdie is die derde blog-inskrywing deur een van ons joernaliste.  Lees meer hier.

Die begin van die einde

Om in Mazabuka-town te kom is ‘n uitdaging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button