BlogsOpinion

Dink jy miskien jy’s belangrik?

Daar een groot gelykmaker: as jy knoffel eet, gaan jou asem stink.

Dit maak nie saak of jy ‘n gawe of ‘n gemene mens is nie.

Wanneer jy van ‘n krans afval, gaan jy die grond tref en deel word van die verlede.

Ongeag van hoe ryk jy is, is daar een groot gelykmaker: as jy knoffel eet, gaan jou asem stink.  En daar is ‘n stel universele reëls wat vir almal ewe veel geld.  Murphy het geen genade nie. Mense se ongeduld ook nie.

Let op:

1. Jy is nie belangrik nie
Ons almal hou daarvan om belangrik te voel. Dit gebeur so gereeld met my dat wanneer ek iemand in Shoprite sien waai, ek sommer anvaar dat die persoon vir my waai en dat ek dan terugwaai. Dan besef ek dat hy vir iemand agter my gewaai het. Ek strek dan maar my arms of maak asof ek vir iemand daar dóér gewaai het.
Nog erger: “Haai, hoe gaan dit?” vra sy. “Goed en jy?” antwoord ek terwyl iemand anders ook antwoord. ‘n Mens draai dan maar net om en loop weg.
Elkeen van ons was al aan die ontvangkant van ‘n rooi gesig in so ‘n situasie. Laat dit jou maar daaraan herinner dat jy nie die middelpunt van elkeen in Shoprite se inkopielysie is nie.

2. Niemand gee om of jy ‘n huisie by die see het nie
Mense is totaal behep daarmee om die feit dat hulle ‘n huis by die see het onder jou aandag te bring. Of dit iets met die prys van eiers te doen het, skeel hul min.
“O, so jy luister Beethoven? Jy moet jou Beethoven-versameling vir my bring, dan kan ek vir my ‘n CD sny waarna ek kan luister in ons huis in Ballito.”
“Fanie, dra jy ook bril? Ons gesin dra almal sonbrille wanneer ons see toe gaan, na ons strandhuis toe, in Stilbaai.”
Party mense val sommer met die deur in die strandhuis: “Hallo my naam is Gert. En ja, ons het mos ‘n huis in Strand.” (Wenk: as jy die woord ‘mos’ gebruik, kom jy dalk nonchalant voor).

3. Familieplaas? Almal wil dit nie weet nie
Die seehuis-beginsel geld hier. Mense wil nie ten alle koste weet dat jy of iemand in jou bloedlyn ‘n plaas besit of huur nie.

4. Mense is nie besig om oor jou te praat nie.

5. Wanneer iemand sê: “Ek kan nie vanaand maak nie, ek voel nie lekker nie,” beteken dit heel waarskynlik dat hulle nie lus het om jou fondue by te woon nie.

Om te besef dat jy eintlik besonder onbelangrik is, is bevrydend. As jy dus per ongeluk spoeg wanneer jy praat, een tequila te veel drink of val met hoëhakskoene aan, wees gerus.

Niemand het dit gesien nie. En dié wat dit gesien het, gee nie om nie.

Want ons is almal ewe onbelangrik.

Lees ook:

Ferreirastraat 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button