BlogsOpinionVryerige Vrydae

Liesbet Lubbe-Ziervogel? Of nie…

Ek weet nie wat die geskiedenis agter die gebruik daarvan is om jou man se van aan te neem nie en ek gee ook nie om nie. Dis 'n simpel gebruik en klaar!

Ag hygend Hert! Die hemele behoed ons! ‘n Nasionale mediahuis het hierdie week ‘n meningspeiling onderneem en lesers gevra of hulle voel vroue wat trou moet die man se van aanneem of nie.

‘n Ongelooflike 56 persent het ja gesê, 21 persent het nee gesê en 22 persent het gestem vir koppel-vanne. Asof ons nie belangriker goed het om oor te worry nie. Maar die uitslag van hierdie peiling, pla my nietemin.

Ek wil weet wat die geslag van die meerderheid lesers is wat “ja” gestem het. Mans of vroue? Belangriker nog: hoékom?

Ek weet nie wat die geskiedenis agter die gebruik daarvan is om jou man se van aan te neem nie en ek gee ook nie om nie. Dis ‘n simpel gebruik en klaar! Hoekom juis die man se van? Hoekom nie die vrou s’n nie? Beter nog, hoekom kan elkeen nie net sy eie van behou nie?

Nee wat, dis nutteloos en onnodige moeite! Die departement van binnelandse sake en dus die regering maak boonop net meer geld uit hierdie gebruik deurdat hulle nuwe ID’s moet uitreik. Ek behou my eie van, die kinders kan maar die man se van kry.

Dit is vir my altyd interessant om vroulike Facebook-vriende wat die knoop deurhaak, se profiele dop te hou. Van hulle kan nie wag om hulle vanne te verander na dié van die man nie. Die sogenaamde feministe gebruik ‘n koppel-van op hulle profiele, maar ek wed jou die trousertifikaat en/of nuwe ID-dokument weerspieël slegs die man se van.

Ander kan nie minder gepla wees nie en doen nie eens die moeite om hulle nooiensvanne te verander nie. Geskeide of vervreemde vroue is ook vinnig om hul nooiensvanne terug te eis op Facebook, maar doen ook nie die moeite om dit op papier te laat verander nie.

Ek vind gekoppelde Facebook-rekeninge, nóg vreemder! Daai van paartjies wat gesamentlike profiele het. Hoekom? Het jy nie ‘n identiteit afsonderlik van jou man of vrou nie? Ek dink dis einlik die vrou wat die meeste inskrywings maak en foto’s plaas en dat baie van die mans nie eens weet dat hulle ‘n identiteit op Facebook het nie!

Ek hou nie van my van nie. Dis Duits. Min mense kan dit reg spel of uitspreek. Van Smalblaas tot Malhaas, ek het al alles gehoor. Maar as my toekomstige man ‘n van soos Haasbroek, Katsenelmboog of Ziervogel het, kan hy dit gerus hou! Dan klink Smalman nie so bad nie…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button