
Is water orals so duur? Ek verstaan met die droogtes ensovoorts, dat water se pryse opgegaan het, maar dit is nou al die hoeveelste maand wat ons ‘n rekening kry. Enige iets van R2 500 tot R4 300 per maand. Nee, ek het nie lekke nie… spuit nie nat nie… en het ook nie ‘n swembad nie… die meter loop normaal.
Val Nelspruit en Witrivier nie ook onder Mbombela nie? Is julle waterrekeninge ook so hoog? Ons bly in Hazyview in Numbi Park en dit maak net nie sin nie… ons het nou al die erf fyngekam vir enige probleme maar vind niks!
Is daar iemand groter in beheer? Ervaar ander mense ook sulke groot waterrekeninge van die stadsraad af?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

