BlogsOpinion

KLETS MET KATRIEN: Kom ons gee om

Wanneer jy snoesig in jou huis sit op 'n wintersaand, dink aan die mense wat nie so bevoorreg is nie. En begin uit jou oorvloed met ander te deel.

Dit voel soms asof elke winter kouer en langer as die vorige een is.

Aan die begin van die seisoen word die huis mooi ingerig, met hout wat langs die kaggel reggesit word en warm beddegoed wat oor die beddens gegooi word.

Saans word warm sjokolade met malvalekkers gemaak en almal sit onder komberse voor die televisie en kyk na hul gunsteling flieks. Later vergeet jy van die koue.

Klere verander ook. Serpe en handskoene en mussies word deel van jou kleredrag. Jasse en stewels hou jou warm teen die wind.

So so so lekker.

Maar het jy al vir ‘n oomblik stilgestaan en rondom jou gekyk. Terwyl jy snoesig en warm in en buite jou huis beweeg is daar ‘n kind of grootmens wat sonder ‘n enkele warm kledingstuk op ‘n kartonboks sit. Sommiges lê op die sementvloer onder n koerant. Ander dwaal die strate deur opsoek na iets om te eet om ‘n kort rukkie warm te voel.

Vure brand oral op straat vir dié wat gelukkig genoeg is om hout en vuurhoutjies te hê.

Selfs in huise agter geslote deure is daar soms mense wat net die nodige kan bekostig want die huishuur is so duur. Behuising is duur.

Sê dankie elke dag vir wat jy het en wat jy kan bekostig. Moet dit nooit as net sommer aanvaar nie.

Die omgee kom in wanneer jy sop maak vir jou gesin. Maak ‘n ekstra pot. Bak ‘n ekstra brood. Gaan gee dit vir die mense in jou buurt op straat of in huise. Almal het daardie bietjie omgee nodig.

Wanneer jy jou kas oopmaak en ‘n trui of jas uithaal, kyk of daar ‘n ekstra een is wat jy kan afstaan. Hoekom tien truie of jasse hê? Erens kry iemand koud.

Kry jou kinders betrokke en leer hulle die kuns van omgee. Laat hulle hul skoene en klere met ander kinders deel.

Ons kaste is vol klere wat ons daagliks uithaal en weer terugpak. Maak spasie en skenk die res.

As elke mens op aarde een uur van hul tyd gee vir iemand anders sal die wereld en die mensdom ‘n baie beter plek wees. Verandering, een tree op ‘n slag….

Kom ons gee om!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button