
Nee kyk. Die DONDERDAG blog gesels oor baie vreemde dinge, maar nou het ek alles gesien.
‘n Vrou van Luanda is op die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.
Die polisie het vermoed dat sy doenig was met dwelmsmokkelary.
Dis geen geheim dat smokkelaars dwelms insluk of van die Suidekant af opdruk om dit te smokkel nie. In so ‘n geval word die smokkelaar aangekeer en met ‘n valkoog dopgehou totdat die dwelms (op watter manier ookal) uitkom.
Die polisie se verbasing was groot toe dit blyk dat daar koeëls in haar liggaam was. Daardie koeëls was, aldus ‘n persverklaring, met kokaïen gevul.
“Sy het 100 koeëls ingesluk,” het polisiewoordvoerder lt. kol. André Traut gesê.
Een. Honderd. Koeëls.
Ingesluk.
Die einde van die kokaïen-en-koeël eposide sou nie binnekort in sig wees nie. Aldus Traut moes die vrou na ‘n mediese fasiliteit toe gekarwei word, waar die gesmokkelde middele verwyder is.
Die waarde daarvan is nog nie bekend nie, maar dit is glo baie werd.
Kommentaar op die voorval het ek nie. Ek is vir eers net verbaas en moes dit deel.
Mooi bly.

