BlogsOpinion

Leser se brief: Bateleur sorg vir die bedlêend met liefde

Thea en Dawie Pretorius skryf:

Op 2 April is my ma, Lettie Schoeman, in Bateleur Landgoed se eenheid vir verswakte bejaardes opgeneem om te herstel nadat sy uit die hospitaal ontslaan is vir longontsteking.

Wat ‘n wonderlike ervaring om te beleef hoe die personeel my ma, wat bedlêend was, so gerehabiliteer het, dat sy nou weer kan loop.

Daagliks het ek en my man Dawie dit ervaar en die verbetering in haar gesondheid gesien plaasvind.

Duisend dankies aan susters Isabel, Wilma, Adelle en al die personeel wie my ma met soveel liefde en deernis weer menswaardig laat voel het tydens die herstelproses vir die twee maande wat sy daar was.

Ons waardeer julle.

Ons bid die Here se seën oor julle vir jul onbaatsugtige beroep wat julle daagliks met liefde, empatie en deernis uitvoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button