BlogsOpinion

Die ystervroue om ons

Augustus is vrouemaand en dit moet behoorlik gevier word.

‘n Jaar of wat gelede stap ek, my ma en my tannie in die groentewinkel toe die twee van hulle ‘n sak beet op uitverkoping sien.

“O nee, sussie. Hierdie sak lyk hopeloos te groot,” sê my tannie vir my ma.

My ma kyk so ‘n rukkie na die sak en sê toe: “Nee wat, Hester. Ons koop hom nou en dit wat ons nie nou gebruik nie, lê ons in vir Krimis.”

Soos die twee in die gange van die groentewinkel op en af loop staan ek hulle en dophou. Elke groente word binne oomblikke omtower in ‘n briljante resep en smullekker dis vir later.

‘n Paar dae na die besoek aan die groentewinkel gaan kuier ek en my ouers by die hotel se kroeg. Dié hotel word deur ‘n vriendin van my ouers besit en sy regeer met ‘n ysterhand.

LEES OOK: Klink ‘n glasie op Marlothpark

Eenmaal het iemand ‘n blok kaas uit die hotel probeer steel en toe sy uitvind het sy die kaas by hom gevat en hom daarmee oor die kop geslaan. Niemand het ooit weer by haar probeer steel nie.

Twee ander vriendinne kom kuier ook by die kroeg saam met ons. Hierdie twee is sussies en het hulle eie haar- en skoonheidsalon langs die Fat Cake City in die dorp.

Hier vloei die stories gereeld en laat hulle enige vrou weer gelukkig voel.

Die punt wat ek probeer maak is dat al hierdie vroue hemelbreed van mekaar verskil, maar tog ‘n integrale deel van die samelewing uitmaak. Dit maak nie saak of jy werk is om ander te voed, besigheid te doen of ander vroue mooi te maak nie – jy maak saak!

Wees trots op jou vrouwees, ongeag watter beroep jy uitoefen of hoe die samelewing jou sien, en geniet ‘n heerlike vrouemaand.

LEES OOK: Die kuns van omgee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button