BlogsOpinion

‘n Ode aan die bosveld

Spesiaal vir dae as 'n stadshart na die bosveld verlang.

Vroegoggend word ek wakker

Met die visarend se geluid

En die sonstrale wat plek-plek plek maak

Vir die wind wat saggies fluit

Op die stoep hang die doudruppels

In die verte glinster die Krokodil

Die varkies staan al nader

Vir ‘n stukkie appelskil

My eerste slukkie koffie

Geniet ek met ‘n uitsig

Van ‘n koedoe wat stuk-stuk stukke

Van ‘n bossie staan en uitpluk

Die bosveldloerie staan nie terug

Die tarrentale is aan’t baljaar

Die landskap perfek geverf

Deur die hand van die Groot Kunstenaar

Ek asem hierdie oomblik in

En probeer elke element vasvang

Om aan vas te klou in dae

Wat my hart na die bosveld terug verlang

LEES OOK: Klink ‘n glasie op Marlothpark

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button