BlogsOpinion

10 dinge wat my bloed laat borrel

Hier is 'n lys van goed wat my absoluut woedend maak.

Haat is ‘n baie sterk, dikwels akkurate woord. Tipies is dit ‘n woord wat gereeld sy weg tot in die menslike woordeskat vind en wat dikwels te ligtelik gebruik word.

Soms is dit egter die enigste woord wat voldoende is. Hier is die 10 dinge wat my van woede uit my nate laat bars:

10. Verkeerde spelling – Geagte persoon. Skaf asseblief vir jou ‘n woordeboek aan voor jou volgende sosiale mediaskrywe of teksboodskap. Die uwe.

9. Kurt Darren-treffers – Meisie, meisie… gaan sien asseblief ‘n sielkundige en koop vir jou ‘n Beatles-plaat.

8. Karlien van Jaarsveld-treffers – As jou jean geskeur is, koop vir jou ‘n nuwe een.

7. Afrikaanse sokkietreffers in geheel – Weens die feit dat die lysie te lank sou raak, is hierdie die opsomming: Dit. Is. Nie. Musiek. Nie.

LEES OOK: Ek kom nie los van Innibos

6. Botter – Net omdat die Flora-bakkie sê dis goed vir jou hart, beteken dit nie jy kan die helfte daarvan op ‘n sny brood smeer nie. Sies.

5. Koue koffie en warm rooiwyn – Dis onnatuurlik.

4. Huidiglik – Dit is nie ‘n woord nie, maak nie saak hoeveel keer jy dit in ‘n sin gebruik nie en wat die HAT sê nie.

3. Uie – Die tekstuur en reuk van poeier- , gerasperde en gebraaide weergawes daarvan maak my naar.

2. Onvleiende naampies vir vroue in ‘n kuierplek – Ek is nie jou babe, bokka of beautiful nie

1. Diskriminasie – Soos Nelson Mandela gesê het: “No one is born hating another person because of the colour of his skin or his background or his religion. People must learn to hate and if they can learn to hate, they can be taught to love.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button