BlogsOpinion

‘n Avontuur op vier wiele

My nuutste avontuur het vanoggend sesuur begin...

Ek ry gereeld met die pendeldiens na die OR Tambo lughawe wanneer ek by my ouetehuis op die grens van Boksburg en Germiston gaan kuier. Hulle bly in ‘n plek met die naam van Elspark – daar is of krag of water maar nooit albei nie en wanneer daar ‘n gat in die pad plaasplant iemand ‘n boom.

Van 06:00 vanoggend af maak ek van dieselfde pendeldiens gebruik. Vandag was egter spesiaal want toe ek by OR Tambo aankom het ek nie in my ouers se kar geklim vir die tog huis toe nie. Nee, ek het op nog ‘n bussie geklim wat my al die pad na die pragtige Potchefstroom gebring het waar ek hierdie naweek saam met vriende my koshuis se 45ste bestaansjaar sal vier.

Elke keer dat ek van die pendeldiens gebruik maak is dit vir my ‘n nuwe avontuur wat wag. Langs wie gaan ek sit? Watter musiek gaan die bestuurder speel? Is daar ‘n baba wat saam met one toer?

ALSO READEverything you need to know about the Mpumalanga show 30 Aug – 1 Sept

Ek word nooit teleurgesteld nie. Vanoggend is ek bederf deur ‘n pa en sy vyfjarige seun wat op die heel agterste bank by my aansluit. Net toe ons wegtrek hoor ek hoe die pa vir sy seun sê: “Ag nee, champ. Ons het vergeet om te bid voor ons opgeklim het.”

Hy vat toe sy seun se klein handjies in syne en saggies, sonder om die ander passasiers te pla, vra hulle die Here om hul veilig by hul eindbestemming te bring.

Die bestuurder speel Afrikaanse treffers en daar is twee babas teenwoordig. Gelukkig is die babas soet en wanneer die sokkie treffers te erg raak maak ek my oë toe vir ‘n slapie.

Ek groet die pa en seun by die lughawe waar hulle per vliegtuig na Mosselbaai vertrek en ek toe op my Potchefstroom partytjie pendel klim.
Sondag ry ek terug en ek is reeds opgewonde oor die nuwe avontuur wat wag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button