BlogsOpinion

2019: NuwejaarsvoorNEEmens

Om nuwejaarsvoornemens te voltooi is soos om ‘n KFC Bucket te eet...

Om nuwejaarsvoornemens te voltooi is soos om ‘n KFC Bucket te eet.

Aan die begin is jy opgewonde. Jy smul aan die goudbruingebraaide stukkie sukses in jou mond. Jy het lank gewag hiervoor en jy verdien dié stukkie geluk.

Halfpad deur die Bucket, begin jy moeg voel. Maar jy hou nie op. Hierdie Bucket was duur en hoewel dit nou nie meer so lekker proe nie, sál jy hom klaarmaak want jou ma het op jou Facebook-blad ‘n plasing gemaak wat sê “You can do anything you set your mind to” en jy glo haar.

Aan die einde van die Bucket voel jy basies net spyt. Jy sweet olie, jy’s 15 kilogram swaarder en net soos hierdie metafoor, val jou lewe ‘n klein bietjie uitmekaar uit.

NuwejaarsvoorNEEmens.

LEES OOK: E-mail to jail: The Cybercrime Bill and whether you should worry

Ons plaas onsself onder soveel druk en vir wat? ‘n Instagram-plasing wat sê #madeit of ‘n klop op die skouer van ‘n vriend?

Hierdie jaar het ek besluit om geen nuwejaarsvoorneme te maak nie. Ek is nie lus vir daardie Bucket en hierdie jaar gaan ek eet net wat ek wil (fisies en metafories).

Ek gaan ook beslis nie 2018 se leftovers met my saamdra nie. Maak nie saak hoe aantreklik daardie foeliebrakkiesakkie gevou soos ‘n lyk nie, ek en jy weet mos nou albei die inhoud daarvan is lankal vrot.

So gaan koop vir jouself ‘n stoute Big Mac of bederf jouself met daardie dekadente Woolworths-slaai. Jy hoef nie jouself aan ‘n voorneme verbind om gelukkig te wees nie.

LEES OOK: Verkeersirkels, voëls en ander v-woorde

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button